Skip to content

Rus in Vrede Johanna Strydom – 18 September 2021

Woorde het ons nie veel nie, geskok – ERG

‘n Ware engel op aarde is van ons af weg geneem – Ons Hemelse Pappa het haar meer nodig as ons hier op aarde. Rus sag ons liefste tannie Johanna jy verdien die rus en vrede, dis lankal “overdue”.

Jaloers – Natuurlik want ons kan nie meer jou stem of jou lag hoor nie, die raad en geselsies is weg, maar ons sal jou vir altyd in ons harte saam dra, weg maar nooit vergete!

Johanna was deel van ons span vir baie lank en selfs toe sy agv persoonlike redes ons span moes verlaat, het sy aangehou om almal te help hoe en waar sy kon, ‘n persoon met waarde en niks was ooit vir haar te veel gevra nie.

Jy kon Johanna in die oggend ure pla met jou probleme en al het sy self haar eie probleme sou sy uit haar pad gaan om jou te help in watter manier okal.

Syt soveel mense en kinders se lewens aangeraak en in hul harte ingekruip, ons dink nie syt altyd besef hoe geliefd sy was nie – Almal was lief vir jou Johanna, ons gaan jou mis!

“Memories” is al wat ons oor het van ‘n mens duisend met ‘n omgee hart van goud, alles goed , geen sleg. Rus saggies