Skip to content

CSF WINTER PROJEK 2022

Soos julle kan voel die winter bekruip ons nou stadig maar seker en soos almal weet is daar kinders wat nie bevoorreg genoeg is om n hele nuwe klere kas vol winter klere te kan he nie. En bejaardes wat nie bevoorreg genoeg is om ‘n kombersie vir hul bene te kan koop nie.

Meeste van die bejaardes het nog hul kombersies van laas jaar en dis hoekom ons minder op die lysie die jaar het, ons kon ook vir van die kinders warm klere gee wat geskenk was.

Ons het hierdie jaar 43 kinders waarvoor ons graag n sweetpak en kombersie wil gee vir die winter.

Dan het ons 36 bejaardes wat ons elkeen ‘n kombersie wil gee om hul bene die winter warm te hou.

Vandag kom ons weereens na julle as die publiek om te vra of julle ons sal help om hierdie winter ‘n paar kinder hartjies asook ons bejaardes se harte bly en warm te maak met ons winter projek.

Vir enige inligting kontak asb admin@csfvaal.co.za of WhatsApp 072 329 7263 asb
CSF Groete

 

Ons begin vir 2022