CSF Vaal bestuur het onlangs die nuwe tak bestuurder van ER24 Vaal gaan ontmoet om ons self voor te stel nadat hy ons oor die fees seisoen ‘n hele paar keer bystand gegee het waar CSF se span nie die Staats Ambulans in die hande kon kry nie. Ons kon uiteindelik ‘n gesig by die naam sit.
CSF bestaan al 18 jaar en in hierdie tydperk het ER24 ons baie bystand gegee op tonele en gevalle wanneer ons mediese hulp nodig het. ER24 het oor die jare ook aan elke funksie van ons deel geneem, hul toerusting uit gestal en die publiek meer geleer van wat hul doen. Ons kon in verskeie gevalle op hul knoppie druk vir hulp met bejaardes en projekte vir minder bevoorregtes ook.
Tiaan (ER24 tak bestuurder) het ook sy ondersteuning aan CSF gebied vir toekomstige projekte, gevalle en funksies waar ER24 kan bystand bied. Na aanleiding van die tak lede se gemoed rondom die nuwe tak bestuurder kan ons as CSF Bestuur met blydskap sè dat Tiaan DEFINITIEF iets reg doen, aangesien die lede van die tak baie vriendelik en behulpsaam is.
Die bestuur (CSF) het ook met die ontmoeting vir die hele tak “cupcakes” en koeldranke gevat om namens die gemeenskap van die vaaldriehoek dankie te se vir alles wat hulle vir die gemeenskap en sy mense doen.





