CSF UITREIKENDE HAND GEVRA
Danika Hoffman 10 jaar oud

Goeie môre almal ✨
Danika was ‘n normale 10jarige dogtertjie vol energie en speel.
Sy het by haar ouers begin kla haar knieg is seer en hul het haar na ‘n staats hospitaal gevat, waar daar xstrale geneem is en hulle gesê het niks is fout nie en haar huistoe gestuur. Sy het nuwejaarsdag gegly en geval op ‘n nat vloer, vreeslik gehuil en haar ouers het haar weer gevat na die staats hospitaal om weer te hoor daar is niks fout nie en huistoe gestuur.
Haar ouma is vir ‘n opvolg na ‘n privaat dokter na ‘n knieg vervanging en het die dokter gevra of hy nie net na haar knieg sal kyk nie, die dokter het uit sy sak uit xstrale betaal. (BAIE DANKIE AAN DIE DOKTER naam word weerhou op aanvraag)
Dis toe met haar ouers meegedeel dat haar heup geskuif het en sys gebore met haar 1 been 1.5cm korter as die ander een. Hyt ook gesê as sy nie so gou as moontlik gaan vir die “ORIF screw fixation of slipped femoral epiphysis” operasie nie sal sy in ‘n rolstoel beland, die dokter doen die operasie gratis (Baie dankie dokter) maar daar is ander kostes verbonde aan die operasie en die gesin het hulp nodig om Danika te kan help asb.
Die operasie het verskeie rolspelers en daar is aparte bank besonderhede vir elke rolspeler agv die hospitaal en dokters het gevra die rekenings moet apart betaal word en nie alles in 1 rekening in nie.
Kostes vir die operasie, haar na sorg en die loop ring wat sy na die tyd gaan benodig beloop R40 826,54.
Ons het alle mediese dokumente beskikbaar en kan gevra word om dit te sien asook apparte rekenings vir die apparte rolspelers. Ons gaan die insamelings vir die gesin hanteer en ook seker maak dat al die rekenings die bedrag wat hul moet kry inbetaal word. Alle inbetalings se bewys van betaling moet na ons gestuur word om te kan opvolg of die betalings ontvang is.
Indien enige iemand in enige manier kan help, al is dit met R5 elke bietjie help baie en kom op die einde by die bedrag uit. Kontak admin@csfvaal.co.za of WhatsApp 072 329 7263 asb
CSF Groete