
Die projek bestaan al ‘n paar jaar en is behoorlik ‘n lekker bederfie vir die bejaardes.
Soos almal weet is ‘n bietjie bederf baie lekker so nou en dan, want nie almal het die voorreg om bederf te kan word nie.
Oupas en Oumas hou van lekkers, koekies en baie gesels so ons het die projek begin deur vir die minder bevoorregte oupas en oumas ‘n bederf pakkie op te maak en dan die dag wat ons uitdeel lekker saam hulle te gesels en stories te luister.
Wil jy dalk help om dit moontlik te maak? Ons benodig bietjie hulp om dit weereens ‘n sukses te kan maak. Ons bak gewoonlik koekies en smelt chocs in hartjies dan verpak ons dit mooi en versier die pakkies.
Enige hulp sal baie waardeer word kontak admin@csfvaal.co.za of WhatsApp 072 329 7263 asb
CSF Groete