Elke jaar maak ons paaseiers bymekaar vir minder bevoorregte kinders en die jaar wil ons graag vir die bejaardes ook ‘n paaseier bederfie bymekaar maak.
Ons verpak dit en gaan deel dit dan uit. Ons gesels en vertel stories van die ware rede van paasfees.
Dankie Here dat ons U kan Prys en Loof en die werk doen waarvoor U ons nodig het! Amen
Ons maak van die marshmallow paaseiers en klein hasies bymekaar vir 56 bejaardes en 100 minder bevoorregte kindertjies deur hulp van borge en donasies, indien jy voel jy wil of kan help om ons te help om die jaar weer die projek ‘n sukses te maak kontak admin@csfvaal.co.za of WhatsApp 072 329 7263 asb

70% process