Skip to content

CSF BACK TO SCHOOL PROJEK 2022

Ons “Back to school projek” skop vandag (2 Januarie 2022) af om 34 minder bevoorregte kinders te kan help om in die moeilike tye gereed te wees vir hulle nuwe skool jaar en dit nie nog ‘n bekommernis hoef te wees oor hoe gaan hul skryf of wat gaan hulle dra nie.

Om meer te lees oor ons “Back to school” projek, klik gerus hierdie skakel

Soos ons almal weet is hierdie jaar nog meer uitdagend as ander jare agv die Covid-19 met meer ouers wat sonder werk sit, ouers wat oorlede is… of groot ouers wat na hul klein kinders omsien en daar is nie finansies om die kinders se skool benodighede of klere te kan aankoop nie.

Indien jy een of meer van hierdie kindertjies kan help om gereed te wees vir hul nuwe skool jaar kontak ons asb admin@csfvaal.co.za of 072 329 7263 of klik hier elke bietjie help baie
CSF Groete

 

 

Completed Thank You!!!